blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Katalonië: Dossierinleiding 2006-02-15

Dit is alombekend dat Suid-Afrika se grondwetlike onderhandelaars in die vroeë 1990’s in weerwil van moderne neiging wêreldwyd demokrasie tot ´n eenheidstaat verbind het in plaas daarvan om ook behoorlike voorsiening vir minderhede te maak op ´n federale grondslag. Een van die wêreldleiers in hierdie verband is Spanje, waar ´n nuwe statuut van Katalonië tans voor die parlement dien. In die eerste van ons twee artikels in hierdie dossier gee Antonio Segura I Mas ´n oorsig oor die Kataloonse geskiedenis en stryd om outonomie. In die tweede artikel vertel Víctor Gómez Pin die kultuurpolitieke verhaal van die Kataloonse taal, wat in sekere opsigte aan die verhaal van Afrikaans herinner. 


 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=471
Artikel nagegaan: Nee.
Indien die artikel se inhoud hierbo nie vertoon nie, sal dit mettertyd bygevoeg word wanneer die artikel nagegaan word.

    -