blik.co.za   gebeure   meer   byvoeg  
Platforms en Merkers
Hierdie artikel is deel van 'n versameling artikels wat gehuisves word by Blik met die doel om dit digitaal te bewaar en beskikbaar te stel.
* Indeks van artikels


Dossierinleiding: Energie, ekonomie, ekologie 2005-11-16
Die Vrye Afrikaan glo dat die ekologie die voorwaarde van die ekonomie is, en nie andersom nie. In vandeesmaand se uitgawe het ons dan teen die agtergrond van die energie- en ekologiekrisis ’n besonder omvattende dossier oor “Energie, ekonomie, ekologie”, afgesien van twee verbandhoudende artikels hieroor in vandeesmaand se Le Monde diplomatique elders in hierdie uitgawe deur Serge Latouche en Cyrus Safardi. Ons dossier word op die voorblad deur die leidende Ierse ekoloog, Richard Douthwaite, geopen met ’n voorstel oor die rol wat Suid-Afrika in ’n nuwe wêreldenergiebedeling kan speel. Een van ons gereelde ekonomierubriekskrywers, die omgewingsekonoom, James Blignaut, verduidelik die verbande tussen energie, ekonomie en ekologie. Vervolgens gee die Kaliforniese kenner van die oliebedryf, Richard Heinberg, se uiteensetting van die toekoms van olie. Dr. Anthony Surridge verduidelik teen hierdie agtergrond die Suid-Afrikaanse regering se nasionale energiebeleid. Die chemiese ingenieur en lugbesoedelingsbestuurdeskundige, Gerrit Kornelius, kyk na die rol wat die mark en die staat wel in beter ekologiese bestuur kan speel. Die omgewingsaktivis, Victor Munnik, vertel die verhaal van vyf dekades se omgewingsverkragting in Vanderbijlpark – en van ’n nuwe gemeenskapsalliansie wat “die olifant hap vir hap gaan eet”. Laastens gee die ingenieur, Johan Theron, ’n kykie op biodiesel in Suider-Afrika.

 


Oorspronklike Vrye Afrikaan adres: http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=406
Artikel nagegaan: Nee.
Indien die artikel se inhoud hierbo nie vertoon nie, sal dit mettertyd bygevoeg word wanneer die artikel nagegaan word.

    -