Dit is 'n webprogram wat jy kan gebruik om belangrike of interessante artikels te bewaar, met ander te deel en daarop kommentaar te lewer. As jy 'n nuwe Afrikaanse webbladsy of blog wil bekendstel, doen dit gerus hier, asook by
Die Knoop
As jy ingeteken het (kies jou eie gebruikersnaam en wagwoord), kan jy deelneem deur skakels by te dra (blik dit!).
Jy kan ander skakels op of af stem deur op die pyltjies te kliek, en so help om die beste nuwe artikels te identifiseer.
Jy kan ook
betrokke raak deur te help met idees of grafieka om
blik beter te maak.
Nuus, webjoernale (blogs), opinie, artikels, jou besigheid of 'n aankondiging - alles (behalwe misbruik) is welkom.
Nuusvoere
Alles by blik, behalwe die kommentaar-nuusvoer:
Ander Nuusvoere
Geskiedenis
blik is geinspireer deur
muti
Muti het in Januarie
2006 verskyn, en is geskep deur Neville Newey. Hy sou seker sy program kon beskikbaar stel vir 'n Afrikaanse weergawe, aangesien
hy 'n baie gawe mens is, maar ek (Gerhard Venter) het gevoel ek sal dit geniet en ook iets leer deur my eie program te skryf, en
blik het in Januarie 2007 begin. Neville het ook bygedra deur aanmoeding en voorstelle.
Die naam
blik is voorgestel deur John Murray.
Hy het ook met die aanvanklike voorkoms gehelp, en met idees en voorstelle.
Kudus
Net soos
muti gebruik
blik ook die idee van Kudus.
Dis 'n Suid-Afrikaanse weergawe van
kudos - dit gee jou 'n idee of die ander gebruikers jou bydraes waardeer (of nie).
Nuuskas, argief, indeks en permanensie
Eintlik is
blik ook 'n poging om permanensie te gee aan goed op die Internet verskyn. Baie Afrikaanse koerantartikels verdwyn vanaf hul webbladsye se voorblaaie, nog voordat soekmasjiene hulle kon indeks, of artikels word verwyder vanaf hul oorspronklike plek, en iewers anders gesit waar dit nie maklik bereik kan word nie. Byvoorbeeld artikels in
Media24 se argief word nie deur soekmasjiene gevind nie, aangesien jy 'n soekvorm moet invul (soekmasjiene se robotte volg net skakels). Met die skakels op
blik na artikels in Media24 se argief, word daardie spesifieke artikels hopelik sigbaar vir soekmasjiene soos
rieme,
grabble,
funnel,
ananzi of google :-)
As 'n artikel nie in 'n soekenjin gevind kan word nie, bestaan dit vir alle praktiese doeleindes nie meer nie.