blik.co.za    blik    meer
Wordpress Letterdash Blogger Maroela www Ander platforms Litnet
Blik se storie

Geskiedenis (Die 'ou' blik)

blik het begin as 'n webprogram waar jy skakels kon bydra, met die doel om dit met ander gebruikers te deel. Dit was moontlik die eerste Afrikaanse webprogram, dws 'n webwerf wat nie net statiese html bevat het nie, maar geprogrammeer is om spesifieke interaksies met die gebruiker te voer. Dit was soortgelyk aan, en geinspireer deur muti en reddit.
Alle skakels en kommentaar wat voorheen bygedra is, is steeds beskikbaar by die adres waar dit was, bv http://blik.co.za/2547/
Vandag is daar 'n nuwe Reddit kloon by Veldbrand (gemaak deur Jan-Carel Brand)
blik.co.za

Die ou blik was taamlik polities, en heelwat dinge is bespreek. Maar 'n forum het genoeg deelnemers nodig, en blik het nooit genoeg sulke deelnemers verkry nie.
Sommige bloggers soos Boerinballingskap, Chris, Son en Reggie Nel het bygedra, en gehelp om dit interessant te hou.
Ongelukkig het SEO praktisyns en weirdos se deelname later die interessante goed oorskry, en dit kon nie so aangaan nie.


Die ou blik is gemaak met CherryPy, Python, MySQL, en Apache. Sien hieronder hoe dit gelyk het.
Die huidige blik is gemaak met Django, Python, PostgreSQL, en Apache

blik.co.za