Visit http://bjsblog.socialpress.co.za for more opportunities
Soos ’n storieboekkarakter kom sit hy in die halfdonker; effens geboë, en steek ’n sigaret aan; laat die rook saam met sy stories grys en wolkerig die kamer vol draai.
Baasspeurder Piet Byleveld. Joernalis se droom, reeksmoordenaar se nagmerrie.
En nou: pensioentrekker. “Ek haat daai woord. Jis, dit klink so verskriklik oud. Ek kies eerder werkloos. Sê eerder dít as pensioentrekker.”
Gister (Woensdag) was brig. Byleveld (60) se laaste dag as polisieman. Ná 38 jaar in die mag het hy uitgetree.
Was maar ’n normale dag, sê hy. Hoofkantoor toe, paar afsprake gehad “en die volgende oomblik het ek ’n oproep van die nasionale kommissaris gekry.
Ek moes hom dringend gaan sien. Hy’t my bedank vir al my werk, my uitstekende werk wat ek gedoen het; my sekere dinge gesê wat ek nie wil openbaar nie”.
Daarna het hy oor die foon gepraat met die lede van sy span: die serial offenders unit, sê hy in Engels.
“Toe sê ek net byt vas, daar’s ’n mooi toekoms voor. Hulle’t min gesê.”
En dis dit. Geen emosionele laaste oomblikke nie; geen trane wat opwel in geharde polisiemanne se oë nie.
Hy bekyk my van onder sy swaar ooglede. Kwaai. Sê in sy rookrasperstem: “Nee, nee, ag nee, dit was nie hartseer nie. Ons is nie sissies nie.
Ek soek nie huilende mense om my nie. Hierdie mense wat so huil, jis ... Soos as jy om ’n lyk staan en jy begin huil. Doesn’t work that way. Nie in my boek nie; nie in my kategorie nie.”
Hy grinnik heserig en steek nog ’n sigaret aan.
Vanoggend, toe hy sy oë oopmaak, was dit sy eerste gedagte: Hy’s nie meer ’n polisieman nie.
“Daar was onsekerheid in my. So half of jy nie weet wie jy is nie. ’Tuurlik. Jislaaik. Ek’t gevoel of ek so ’n bewerigheid in my kry.”
Toe staan hy maar op en trek ’n pak klere aan. “Wat anders? Ek trek elke dag ’n pak klere aan. Van 1977 af.” Hy suig aan sy sigaret, frons. “Dit gaan ’n ruk vat.”
Daar is twee sake wat by hom spook; hom in die nag teister: “Insp. Rapeta, wat vermoor is in GaRankuwa. En dan Kievits Kroon.
Waar die paartjie getrou het en toe word die man daar in die hotelkamer doodgeskiet. Kyk, as jy ’n speurder is, bly sulke sake maar pal in jou gedagtes. En dit sal nie ophou nie.”
Dan is daar natuurlik die Leigh Matthews-saak, wat die hele land aangegryp het.
Donovan Moodley, haar ontvoerder en moordenaar, het hy vasgetrek.
Dié sit lewenslank in die tronk, maar Byleveld wéét iemand het Moodley gehelp en dit pla hom dat dit nie opgelos is nie.
“Ek en Elize bespreek daai ding oor nagte en nagte.”
Elize is sy meisie, soos hy haar noem. Blond en aantreklik het die 51-jarige vrou nou-nou, ook in ’n strepiespak, sy huis binnege-klik-klak.
Sy sit nou langs hom, rook saam ’n sigaret. “Jy moet my help om die regte woorde te kry,” sê hy aan haar. “Dis reg, my engel,” sê sy laggend.
In ’n stadium gaan haal hy vir hom ’n Amstel Lager, tssjj dit oop en sluk hard.
Maar ja, hervat hy, blaas die rook met ’n lang asem uit; daardie is sy enigste onopgeloste sake wat hy aan ander speurders moes oorhandig.
Daai drie en dan nog een oor bendegeweld waaroor hy eerder niks wil sê nie.
Maar duisende dossiere het hy, Piet Byl, oopgemaak en toegemaak. Ondersoek, gearresteer, voor die hof gebring, skuldig bevind, gevonnis. Case closed.
Elke reeksmoordenaar wat hy ondersoek het, het hy vasgetrek. “Ons het nou getel. Agt van hulle. Maar ek dink dis nege. Een het ek vergeet. Hy sal my nog byval.”
Cedric Maake is die een wat uitstaan. 1997.
“Ek dink hy’t iets soos 2?200 jaar tronkstraf gekry in totaal.”
Maar elke moord wat hy opgelos het, was ’n hoogtepunt. “Eerlikwaar.” En die howe. “Mal oor die hof. Daai getuiebank. ’n Mens se brein word getoets.
Baie regters het my al geprys vir my voorkoms in die getuiebank. Vir ’n feit.
“Getuienis lewer is my alfa en omega. Om die verdediging ore aan te sit. Jis, ek laaik dit. Die verspotte advokate en prokureurs.
Want hulle’t daai grade. Ek het geen grade nie, maar ek sit vir hulle ore aan. Ek’s nie windgat as ek dit sê nie. Dis feite, ek praat oor feite.”
Daai feite hang geraam teen die muur langs die trap. Sertifikate, toekennings, selfs ’n brief wat hom amptelik aanbeveel as nasionale polisiekommissaris.
Petrus Erasmus Johannes van Staden Byleveld (“weet jy hoe trots is ek op daai name?”), oor 38 jaar bevorder van konstabel tot sersant, adjudant-offisier, luitenant, kaptein, superintendent en toe direk tot direkteur.
Nou, met die nuwe range, brigadier. “Brigadier is ’n fantastiese naam.”
Maar eintlik is hy net speurder, “that’s it”. ’n Speurder wat niks miskyk nie, ongeag hoe grusaam.
“Kyk, ek was op baie lelike tonele. Baie doodsberigte oorgedra.”
Een wat hom nou nog bybly was in 1979, Wendywood, Johannesburg.
“Sewejarige meisie keelafgesny. Tuinjong het haar doodgemaak vir haar fiets.”
Toe Byleveld die tuinwerker wou arresteer, het hy ’n wapen uitgepluk en Byleveld moes hom doodskiet uit selfverdediging.
“Ons het die fiets ook teruggekry,” sê hy en lag sinies.
Spook sulke tonele by hom? “Vir ’n rukkie. Net vir ’n rukkie.” ’n Stilte. “Natuurlik. ’n Onskuldige kind.”
Maar geen toneel het hom ooit laat huil nie. “Nee jis, blikskottel. Dit sal nooit gebeur nie. Hel. Dan staan jy en huil en die traandruppels beskadig die toneel. Nee hel.” Sy hele lyf ril. “Jy vra snaakse vrae.”
Ná die toneel kom die harde werk; die maande en maande se soek, naspeur, navors.
“Ek het my mal gewerk. En die reeksmoordenaars bly lyke gooi. Hulle bly moor, hulle stop nie. Dan lê ek in die nag wakker in die bed, dan spring ek op, waddehel, dan gaan ry ek in die omgewing rond waar hulle moor. Probeer iets sien, iets kry.”
In sy kantoor by die Brixton-polisiekantoor, destyds se Moord en Roof, was dit altyd ’n geharwar van dossiere, dokumente, mense; met Piet Byl agter die volgepakte lessenaar, fronsend, geboë, aan’t ontrafel, oplos, soms met die hand so oor die seunskuif of die rooigewerkte oë.
Nou’s dit leeg daar. Net die skoon lessenaar met drie stoele.
“Ek’t nog nie gedink aan daai leë lessenaar nie. Kan jy glo?”
Vandag was gelukkig besig. Eerste dag van aftrede, maar klaar weer kantoor toe. “Blikskottel,” sê hy en glimlag onderlangs.
“Môre ... ek weet nie. Al koop ek net kos vir die gaste wat die naweek kom oorbly. Iets gaan ek doen.”
Want stilsit kan hy nie. “Ek raak verskriklik senuweeagtig.”
En private speurder gaan hy nie word nie.
“Nee, nee, nee, wil nie ander mans se vrouens gaan oppas of ander vrouens se mans nie. Kyk wie loop rond, wie sluip in die nag. Nee, jissum.”
Natuurlik sal hy nog help, konsulteer, adviseer, maar hy’t nie ’n keuse nie, hy moet nou kalmeer.
“Van gisteraand ’n minuut oor 12 is ek ’n haas (polisielede se benaming vir burgerlikes).”
En hierdie haas gaan nou oorsee. “Vir die eerste keer in my lewe.
‘Genuine’.” Engeland toe saam met Elize. “Ek sien baie uit, hoor. Baie, baie.”
En wie weet? Wanneer hy terugkom, dra hy dalk nie meer elke dag ’n pak nie, wonder hy dalk nie meer wie’t Moodley gehelp nie.
“Nou’s ek net ’n gewone mens. Nou’s ek net Piet.”
Hy druk sy sigaret dood, sluk die laaste van sy bier.
En toe ons ry, waai hy skrams, glimlag onderlangs en stap effens geboë weg met sy baadjie wat so agter in die middel opwip.
So op die Piet Byl-manier.
Persoonlike diens vir n suksesvolle partytjie.
Get products delivered directly your customer,buy at wholesale,pay for what you sell and sell without a website or shop!
Hierdie webblad bied ‘n geleentheid aan sulke Suid-Afrikaners om hulle kundigheid op ‘n databasis te plaas.
Hoewel die droom van 'n DA/Cosatu alliansie...wel 'n droom is, is die ontleding in die artikel uitstekend. Veral die onderskeid tussen demokrasie en 'n funksionele demokrasie. Ek sien hierdie onderskeid selde in die media en dis tog so logies.
Hierdie artikel is merkwaardig omdat Zackie Achmat daarin vra dat "Julius Malema and his clique" verwyder moet word uit die bevrydingsbeweging.
Ek was een van die wat gese het hy moet bloot geignoreer word. Ek was verkeerd.
Sjoe, ja. Ek dink Grant Walliser beskryf akkuraat wat aan die gebeur is. Almal wat so aangaan daaroor dat mens Malema moet ignoreer is verkeerd. In enige gepolarsieerde staat waar daar 'n leierskap-vakuum heel bo is, gaan daar persone opduik wat die situasie wil uitbuit. Hoe tragies.
Hierdie artikel het my onwillekeurig aan Suid-Afrika en die ANC laat dink.
Net om dit in perspektief te stel: Hier in Korea betaal ek ongeveer R250 per maand vir 100mbps.
Nou's daar hoop vir my ook. :)
Haha! Hierlangs het dit so baie gereen, en die winter was so koud dat die paaie wat ek ry vol slaggate is. En ek het gelees dit gaan net so regoor Europa. 'n Dorp in Duitsland het met 'n ander idee vorendag gekom: Niederzimmern
Ongelooflik en hartseer hoe Afrika agterbly.
Op Aapstert kan jy jou eie profiel skep en met ander Afrikaners klets en bespreek. Jy kan ook die toeps gebruik om musiek, boeke en flieks te gradeer, skakels by te voeg, die musiek databasis te opdateer en nog vele meer. Sien jou daar!
Ek weet Suid-Afrikaners verkies om nie op slegte nuus te fokus nie, maar mens mag nooit vergeet van die daaglikse realiteit in Suid-Afrika nie. Dit is skrikwekkend, al probeer ek self meeste van die tyd nie daaroor tob nie.
Ek dink nie mens kan veel afleidings maak na aanleiding van een aanstelling nie. Miskien word daar min ingemeng met buitelandse maatskappye, of miskien het regstellende aksie verflou weens gebrek aan kapasiteit by die regering om dit af te dwing, of weens gebrek aan geskikte swart kandidate in die algemeen.
LG se aanstelling van 'n Afrikaner as hoof in Suid-Afrika is vir my nogal verrassend...gegewe die regering se regstellende beleid. Sou hierdie 'n uitsondering wees, of is dit meer algemeen as wat mens dink? Kla Afrikaners dalk te veel oor regstellende aksie?
Dis nou baie interessant en hartseer!
Baie huwelike gaan onder deur, en baie partjies trou sonder om te weet wat om te verwag! Blog dit op http://blog.mariskadevilliers.com/. Help ander om voor bereid te wees. Deel lewens verhale, ondervindinge soos hoe om voor te berei vir die trou dag, wat om te doen om jou wittebrood reg voor te berei, boeke wat help met die huwelik, dvd's met insig ens...
Gee jou bydrae tot die huwelik vandag!
Ek stem - blogs bly een van die heel beste goed wat nog met die Web gebeur het. Omtrent net so nuttig en belangrik as epos en aanlyn-koerante, en ver bo dinge soos Twitter en Facebook.
Besides these remittances, the utmost contribution that the Diaspora can do, is marketing their home countries. For Rwanda, our Diaspora can be an effective force in economic growth by mobilizing foreign investors and encouraging tourists to visit.
Government has put in place policies that favour members of our Diaspora that include the adoption of a law on double citizenship. What the Diaspora needs is to tap these opportunities and contribute to the transformation of their country.
As the world increasingly turns into a global village, the question of where one resides is irrelevant, particularly when they are motivated by patriotism and the desire to develop their own country.
Kigali — Rwandans in the Diaspora are meeting in Kigali to map out strategies on how they can better serve their country. As this important group of Rwandans meet, the Central Bank has given them the green light to set up the Rwanda Diaspora Mutual Fund to mobilize resources for investing in various sectors of their interest within the country.
The Rwandan Diaspora is increasingly becoming an important sector of our society, contributing immensely to the development on this country. Last year, remittances from this group rose to $175 million up from $139 million that was recorded a year before.
The figures are expected to rise this year, despite the on-going global financial crisis.
What has been lacking in the past, is a mobilization strategy that ably engages this group.
This seems to have been resolved, especially with the setting up of a directorate in the Foreign Affairs Ministry, coordinating Diaspora interests.
And the fruits are beginning to show, as the noble initiative of the one -dollar campaign designed solely by members of the Rwandan Diaspora demonstrates.
Across Africa, estimates show financial flows from the Diaspora on average contribute 5-10 percent of some African countries' Gross Domestic Product.
Baie goeie analise van Giliomee. Die volgende slaan veral die spyker op die kop:
"The other surprise was the collapse of business leadership. With the exception of Johann Rupert and a few others, very few business leaders have been prepared to criticise government on policy."
"The Afrikaans press is freer than ever and Naspers is the biggest media company in Africa, but the government could not care a whit about what appears in the Afrikaans papers. I don't know what is worse: censorship or being ignored."
(Titel reggemaak). Die regter se argumente het my verbaas. Ek het gedink regters moet hul besluite uit die wet motiveer.
Jammer, ek het die skakel as titel ingesit en kan nou nie verander nie. Het hierdie artikel geplaas omdat dit so mooi inpas by die debat oor Afrikaan wees in SA.
Baie goeie artikel wat die plek uitwys vir wat dit is: 'n stad van pornografiese materialisme
Hierdie boek deur Nicol Stassen word ook hier, hier, hier en deur Beeld hier bespreek.
Ja, dis die ding - as daar genoeg artikels is wat mense interesseer, is daar ruimte vir advertensies tussendeur.
Die doel was nie om dit as n advertensie bord te gebruik nie, net om informasie te deel. Ek het ook nou met die gesien dat daar baie min bydraes gelewer word elke dag, dis jammer eks gewoond aan die internationale web tuistes waar daar honderde per sekonde gedeel word. Is dit ons suid-afrikaanse ding dat mense bang is om met mekaar te deel? of weet nog te min mense van blik?
Ja, of advertensies is OK, selfs, maar nie as die voorblad oorheers word deur 'n klomp links na dieselfde site nie.
Ek vermoed alleman wil maar net nie he dat Blik as advertensiebord gebruik word nie.
alleman, waarvoor is hierdie webwerf gebou? Vir jou of vir ander. Dit is om goed te deel. Dit is presies wat hy gedoen het - deel. Ek sien nie dat hy dit proebeer oorheers nie. As jy nie daarvan hou nie, gaan maak vir jou n "Facebook" fan bladsy wat jy met jou makkers kan deel.
Ek verstaan nie wat jy bedoel nie?
Werner moet asseblief nie probeer om die voorblad van Blik te oorheers nie. Dit maak dit oninteressant vir almal, en is spam-agtig.
n Gids tot luukse akkommodasie in kaapstad.
A gids vir backpackers in kaapstad.
Goeie artikel wat jou help om die regte tipe akkommodasie te kies vir jou vakansie in kaapstad.
As jy opsoek is na iemand om vir jou n blog op te stel of te verbeter is hierdie die regte plek om heen te gaan.
Die Westerse state en Sjina se motiewe is dieselfde: Afrika se minerale rykdom (wat, in my opinie 'n vloek vir Afrika is). Miskien is Sjina se benadering heeltemal anders, maar die voormalige Westerse kolonialiste het ook hospitale, infrakstruktuur, onderwys ens. ens. gebou wat die lewenskwaliteit van Afrikane verbeter het. Sjina se betrokkenheid in Afrika kom, soos die Weste se betrokkenheid. teen 'n prys.
Ek weet darem nie of mens so negatief oor Sjina moet wees soos die naam vir die artikel wat jy gekies het, aandui nie. Sjina is goeie nuus vir Afrika, soos wat die artikel ook in 'n mate wys. Ek dink dat Sjina se betrokkenheid werklik resultate het, so anders as die Weste se wit armbandjies, handesaamslaan en meerderwaardigheid. Ek dink verder dat die idee dat Sjina nou 'n koloniale meester word, ontstaan onder Westerse kolonialiane moonthede wat suur druiwe het omdat hulle invloed nou verswak. Daar is al baie sulke artikels gewees, maar hierdie NYT artikel is baie meer gebalanseerd.
Dis Kerneels Breytenbach wat in my kindertyd elke week 'n artikel of rubriek in Die Huisgenoot oor pop/rock musiek gehad het. Hy het altyd baie vermaaklik geskryf.
Pratige trou en onthaal plek in die ooste van pretoria se nuus vir oktober: October has been a popular month for weddings and conferences at The Owl’s Nest Wedding Conference Centre. The colour pink has made a comeback after orange has been the favourite theme colour for a long time. Although some brides have very cleverly used the combination of pink and orange, which has been very bright and festive.
Amazing car control in an AE86 Toyota Corolla.
Having only been in South Africa a few short months, and with all of the cars already sold, time behind the wheel of the new Nissan R35 GT-R is somewhat scarce. However, we’ve managed to spend time in the new GT-R on the road and the track...
En ek wil nog dit sê: moedeloosheid is verlammend. Mense wat moedeloosheid aanblaas, moet dink wat hulle wil en gaan bereik daardeur.
Ek is seker nie een wat moet praat nie, maar ek wonder wat nou eintlik nou anders is, in vergelyking met byvoorbeeld Thabo Mbeki se tyd. Gaan dit werklik nou slegter? Ja, daar is 'n resessie, maar dis wereldwyd. Is die Polokwane klomp meer anti-wit? Ek dink eerder hulle is meer uiteenlopend, met sommiges soos Malema wat natuurlik 'n anti-wit rassis is, maar ander, soos Tina Joemat-Peterson, is ernstig om 'n gees van samewerking te skep.
Ek dink hierdie soort moedeloosheid is 'n aansteeklike siekte.