blik
meer
819 Letterdash blogs
.
Bladsy 1 van 18:
|
volgende
annamariePCT
Hiking Trip 18/05/2012
Terug van heerlike vakansie by Morgansbaai, baie mooi strand,maar weer bly om terug te wees by die huis en om te sien hoe Ryno vorder met sy staptog. Hy het reeds 334 myl in 24 dae gestap, maar het bietjie moed verloor, as gevolg van n paar ou beserings en verstuite enkel verlede jaar, het sy enkel hom nou weer begin las gee, in so mate dat hy twee zero
Barend van der Merwe blog
Suid-Afrika - Foxtrot van die fallus?
Ai, wat sou die lewe gewees het sonder radio! Ek hoor anderdag hulle praat nou van “Bees en fees” daar op die radio. En ek was so deurmekaar. Dis is juis NAMPO en so, en boere boer met ‘beeste’ en NAMPO is tog ’n ‘fees’ dan nie? Maar toe besef ek hierdie mense praat eintlik van “B’s en V’s” en dat hulle eintlik praat van “Bepalings en voorwaardes”, soos die
Poetry and poësie
Die werkwoord van Pablo Neruda
Werkwoord Pablo Neruda Ek gaan hierdie woord frommel. ek gaan dit wring, ja, dis heeltemal te glad dis of 'n reuse hond of groot rivier sy tong daaroor gelek het of water oor baie jare. Ek wil dít in die woord hê dat die ruheid gesien word. die ystersout die tandelose krag van die aarde, die bloed van hulle wat gepraat het en hulle wat nie gepraat het nie. Ek
hysmal
uit die graf van môre se eergister
Uit die gedagte van ‘n honger maag sing ‘n klomp parkie honde van eens warm buitekamer komberse en potsous op 2 dag-oue skeef gesnyde korsies. Die snotneusie kinders van treinspoor mammas probeer die geroeste rondomtalie vinniger draai maar hul gebarste hakskene gly in die los riviersand van die park se opgedroogde oud bekende suiwer-wegspoel rivier. ‘n Dowwe son skyn lafhartig deur gebuigde takke op die enorme roesrooi rots wat nogsteeds
benvanbruggen
Hemelvaart ?
'n Woord onderweg 2012-05-18 23:57 Artikelopsies Deel Kry Beeld op André van Niekerk Hoe gee ’n mens rekenskap van moeilike aspekte van geloof soos “hemelvaart” en die “uitstorting” van die Heilige Gees? Twee verskillende moontlikhede is: ’n Mens kan jou geloof so versigtig verduidelik dat uiteenlopende mense met jou saamstem. Diegene wat die antieke voorstelling handhaaf van ’n blou hemel bo, daaronder ’n aarde en met ’n doderyk as kelderverdieping,
Nina se dinge ...
Blondie se heel eerste hokkie game ...
Vroegoggend; Blondie staan voor die bed... Mamma, iemand moet aSSEblief my tekkies styyyyyf vasmaak... Dis piepiekoud, en ek het min lus vir die storie. Val uit die bed, maak klaar, gryp die kamera en daar gaan ons... Mamma se hare sommer net so in 'n ponytail, want daar is nie tyd vir blaas en straighten nie.. Nou ja... shit happens. Dis naweek, ek het 'n vieslike verkoue, word 5 am
Grappies op 'n Stokkie
Versekering...
Hoeveel reisversekering neem jy uit? Hoe voel jy oor die algemeen oor versekering? Hoeveel is genoeg? Kom ons kyk of ons darem 'n bietjie kan glimlag vandag ook:
Ervaringe, gedagtes en ander twak
Über cool
Die een deel van The Girl With The Dragon Tattoo waar ek gewens het my vrou was nie by die huis nie, was die intro met 'n über cool weergawe van die oupagrootjies van heavy metal, Led Zeppelin , se Immigrant Song . Dit was waardig om oopketels geluister te word. But not to despair , ek het dit vanoggend aangekoop, nou kan ek haar weer vir 'n maand daarmee
AussieBoer
Bulle se verloor gee Vlagskip se groot kans
Die Pienkes het moedig geveg maar moes die knie buig teen die begeesterde Highlanders. Die Pienkes het tog 'n bonuspunt verdien met hul 11-16 nederlaag en is dus tans 2 punte voor die SA Vlagskip. Die Stormers moet vannaand slegs die Waratahs klop in die Moederstad om weer nommer 1 in die SA konferensie te raak. Morne Steyn se skopskoen is sedert sy troue nie meer 'n goue skoen nie.
Volgens Frik
Donna Summer - remembering a great lady
Hierdie song is my merker as ek aan Donna dink - so they come - so they go, as will we all! Cheers vir eers
Dalla-se-Pa
Direk van toepassing op die 'skrywer'
Ek het die raak gelees ... ge-copy en ge-paste. " Everyone has the right to be stupit sometimes..................but some people abuse that privalige"
Twaksak
Dinge wat kan skeefloop
So 'n bek moet jêm kry?
deonleroux
Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede
1. Torture - Gene Rockwell (1) 2.Key to your heart - Emile Dene (4) 3. Lovely-lovely - Chubby Checker (5) 4. Do what you do do well - Ned Millar(3) 5. Lemon tree - Trini Lopez (2) 6. Tired of waiting for you - Kinks (6) 7. I need you - Ricky Nelson (nuut) 8 I know a place - Petula Clark (8) Torture was nou reeds 3 weke op
Phoenix Business Solutions
Internetbemarkingswerkswinkels (Wes-Kaap)
Daar's geen werklike "geheime" mbt Internetbemarking nie. Dis gewoonlik meer 'n geval dat 'n mens net moet weet watter bemarking- en advertensiegeleenthede die Internet jou besigheid bied. 1. Internet Marketing Strategies Workshop 5 June 2012 08h30 to 12h30 Lord Charles Hotel & Conference Centre Somerset West Understanding internet marketing, find out more about the different Internet marketing strategies available to your business. Internet Marketing Overview Search engine strategies Online advertising
exionperfexi
Waarom Litnetbloglees (eenwoord werkwoord ) sekere verveelde..
Want die lewe is gans en al te kort om net uit jou eie foute te wil leer.
Rosie met dorings
kan een maatskappy soveel mense aflê?
wys nou net hoe onseker is die lewe. die volledige berig hier te lese
abrham
hosh tokolosh
In Zulu mythology, Tikoloshe, Tokoloshe is a dwarf-like water sprite. It is considered a mischievous and evil spirit that can become invisible by swallowing a pebble. Tokoloshes are called upon by malevolent people to cause trouble for others. At its least harmful a tokoloshe can be used to scare children, but its power extends to causing illness and even death upon the victim. The way to get rid of him
FrancoisWilliams-se-sexy-vabond-vage-vuur-Vrystaatse-fyndraai-fabels...
Bye bye Donna...
President Obama has joined a host of showbusiness luminaries in paying tribute to Donna Summer, following the disco star's death at the age of 63. "Her voice was unforgettable," said the US leader. "The music industry has lost a legend far too soon." Singer Barbra Streisand, who duetted with Summer on the 1979 hit No More Tears (Enough Is Enough), said she was "shocked" to hear of her passing. Dolly
Ek hou nog steeds daarvan!
CAPS
Waarvoor staan dit? PS Juffrou het die beste dag ooit gehad! Ok, dit was by die skool. By die huis sny die jongste CS tande - not so good!!!! xxxxx
mense?
Jenna
Het my gistraand op geworry oor die kat. Sit en Binneland kyk en sien sy sit onner die overflow op die stoel - en dink, nogals tipies van kleintyd af. Die volgende oomblik spring sy met n jammerlike maaiue geklaag daar uit en kap verwoed na mens en dier wat naby kom. Toe sien ek die bekkie het bloed aan en die kaak is opgeswel. Sys uit by die naaste
Veselglas & Plastic
tussen die oxes en doxes...
is daar 'n heel ander demensie tussen praat en verstaan... 'oxes' 'doxes'
Judebug
Ek onthou
Hierdie is 'n onthou brief aan my pa. Liewe Pappa, Ek en jy het nooit juis briewe geskryf nie. Ek wens so ek het 'n brief gehad wat jy aan my geskryf het. Ek het maar altyd vir jou en mamma briewe geskryf, en sy was maar die pennemeester in die huis. Jy was 'n man van min woorde, en ja jy het nie maklik oor jou gevoelens gepraat nie.
Die Nederlandse siening
Die sensitiwiteit van identiteit en kultuur
Wie is jy? Hoe beleef jy jou kultuur? En wat of hoe glo jy? Die antwoorde op hierdie vrae maak ’n mens uniek, want geen mens sal hier dieselfde antwoorde invul nie. Die antwoorde op hierdie vrae maak duidelik dat geen mens dieselfde is. Jy sal waarskynlik selfs nie dieselfde antwoorde op die vrae gee as jou vader of moeder. Ja, die antwoorde sal baie ooreenkomste vertoon, maar hulle sal
Lewe...of iets soortgelyk
Nog 'n week verby
Hierdie week het omtrent gevlieg. Nie dat ek kla daaroor nie. Ek was weer gister heeldag in Aukland Park vir 'n vergadering en vandag is my kop baie dof. Eintlik moet hulle dit weer op Vrydae begin hou, dan het ek te minste die hele naweek om te herstel. So het ek en die man opgehou rook. Nie gedink ek sou daardie woorde ooit uiter nie. Saterdag aand is dit
RubyRu
Waar is daar onder?
So ry Appellief een week in die oggende saam met my. Sy ry gewoonlik saam met haar pa en hy laai haar by die kleuterskool af. Hy vertel my altyd hoe skerp die kind in die oggende oppad skooltoe is. Appellief is 'n regte blondekop, blouoog wysneus wat die hele familie om haar klein punkie kan draai - veral vir Pappa! Die week is amper verby en ek verstaan presies
Die Burger Boekeblok
SA skrywers onthou Carlos Fuentes
Willem de Vries KAAPSTAD. - Carlos Fuentes se afwesigheid van die Nobel-lys sal ’n blywende aanklag teen dié deurlugtige liggaam se oordeelsvermoë bly. Só sê die Afrikaanse skrywer André P. Brink in reaksie op die oorlye van hierdie groot Latyns-Amerikaanse skrywer. Fuentes is in ’n hospitaal in Mexikostad oorlede ná bloeding. “Vir my self sal dit altyd ’n hartseer bly dat ek ons laaste (in elke sin van die woord)
Ouboet se stoep
Nog 'n ware verhaaltjie deur die bril van 'n student .
Terwyl ons nostalgies aan die verlede terugdink, hier is nog enetjie. Jammer vir die herhaling . My universiteitsdae was louter pret en die tydperk 1973 tot 1976 seker die heel gelukkigste in my ganse lewe. Ek onthou die kommervrye dae op die rusbank langs Coert Steynberg se bronsbeeld van die lenige rooibok op die Tukkie kampus. Ek het ma se toebroodjies uit my tupperware kosblik geëet en die talle mooi
I like silly things
TGIF
EK IS MOEG GEPLOEG EN VOL STOF!!!!! GENIET JULLE NAWEEK LYLO SILLY
Uit Melkbos
LIED VAN DIE OLIFANT
'n Grimmige olifant verjaag leeus - 'n T.O. Honiball-skets in Piet Meiring se boek Die Wildtuin is hul Woning, PMP, Pretoria, 1976. In Spore in die bos gebeur dit ook - Mayafudi vlieg onder die leeus in by Leeupan. If I learned anything from my time among the elephants, it is the extent to which we are kin. The warmth of their families makes me feel warm. Their capacity for
Briewe aan ou koeie
Moersdag...
Hoe ouer ek word, hoe méér besef ek dat mans en vrouens mekaar “seriously” nie verstaan nie! Hierdie jaar (nes menigte ander jare) se Moedersdag was vir mý maar die kakste, kaste, héél-heel kakste ooit! En dit begin gewoonlik met ‘n aanloop, hoor… Nou, ek gaan die sluier rondom die hele Moedersdag-ding lig (vir mý altans… vrouens verskil seker maar) en verduidelik waarom mansmense se hele “I don’t give a
Neander
Manlike (dier) laktasie
Die vraag het al ontstaan of mans wel melk kan produseer. Die antwoord is ja. Tepels word al vroeg in die embrio gevorm, omdat dit deel vorm van die weefsel struktuur. Dis nie 'n geslagseienskap nie. Die geslag van die embrio word eers later bepaal as diè gedeelte op die Y chromosoom van die manlike embrio inskop. Meisies met geen Y chromosoom word by verstek gebore met die potensiaal om
Safe_Travellings
Daar is altyd iets...
Ek onthou toe nou weer. Daai ding van die gemak-sone. Julle weet... daai plek waar mens kom waar jy dink alles loop mooi? Maar jy vergeet dat, wanneer jy in daai sone sit en stew , moet jy eintlik op die uitkyk wees vir die rooi vlaggies. Want eintlik is dit die Universe se manier om jou daaraan te herrinner dat jy stagneer. Terwyl jy eintlik veronderstel is om te
Modderkoekie100
Heining vir breakfast.
Sappig...nom nom nom Jock die beeswagter le 'n paar meter verder salig op die gras voor die plaaslikke hoefsmid se werkswinkel. Dalk is Jock lugtig vir die bul....so naby as moontlik aan hom verby gery om die foto te kon neem. Die Batmobiel se neus was sommer na aan syne.
Kathuter
Vroeë oggend stilwees
"There are some things in life that, try as we might, we will never fully understand. This is Solomon's point of view. (Ecc 11) We don't know which course the wind will take, or how bones are formed in a tiny fetus, but it happens anyway. And why? Because God is at work in everything, and the best thing we can do is to trust Him. Modern day science has
Marja-Catharina
'n
porselein was-skottel stuur ek jou vanoggend vol nat warm spierwitte sagte waslap-doeke om jou geswelde voete hande te laaf om jou gesig vars te vee
Chopstix
Nogal baie!
kindvanafrika
No 2
finaaaaaaalllllllll .......................
Agter die Groen Deur
Where have all the flowers gone...
Dis in die nuus, oral – kinders wie se kinderjare weggesteel word en vervang word met psigiese letsels wat heelwaarskynlik onuitwisbaar is.... Thomas skryf oor die 55-jarige stiefpa wat sy stiefdogter met die wete van haar ma gemolesteer/ verkrag het. Ek lees in die Daily Mail van twee tienerseuns wat jare lank deur hulle ma en stiefpa in hulle kamer toegesluit gehou is, een keer ‘n week kon bad (res
Thomas se ramblings
Siek.
“Seks met 13-jarige ‘natuurlik’, hoor hof” - Beeld, 18 Mei 2012. “Ons sou swem of TV kyk, dan begin ek haar te vry,” het die 55-jarige man glo gister in die streekhof in Pretoria-Noord getuig. Die kind het glo ook vroeër getuig dat die stiefpa haar vertel het die “geeste” en “Jesus” wil hê hy moet met haar seks hê. En dat sy nie “regtig” toestemming gegee het nie, want
Fanie Os Oppie Jas
Oor 'n vreemde verskynsel in die Vaderland
Al die tekens is daar. My blakend gesonde gelaatskleur wat uit pas is met dié tyd van die jaar. 'n Midderif waarom my broeke ongemaklik styf span. My kompulsiewe oorgebruik van die woord ‘eish’ en, nadat ek met onbevange vraatsugtigheid daarmee omgegaan het, my aversie in rooivleis oor die algemeen en skaaptjops in die besonder. Dit alles kan net een ding beteken: ek is terug in die Land van die
verskriklik
i am not happy for you.
my ma is dierbaar. sy se ook soos 'n ma doen vir my dinge wat baie waarde het. sy lees en skryf neer wat vir haar mooi is. sy het eenmaal gese. dis makliker om saam met iemand hartseer te wees as om saam met iemand. bly te wees. dis baie waar. nou ja. you don't have to be blind. not to see. maklik to talk the talk. let's see
Hier is ek..
asem in en asem uit....
Ek kan nou weer asemhaal. Mnr eks is uiteindelik na 'n martel lange paar jaar getroud. Ek voel so vry, ek het gedink die oomblik dat dit gebeur, of selfs aangekondig word, my wereld in duie sou stort. Hoe verkeerd was ek nie, my perfekte wereld wat ek vir myself nuut gebou het, staan nogsteeds. Ek weet nie eintlik hoekom ek gedink het enige iets sou inmekaar stort behalwe die
Onbeperk
Onbeperk (6)
(Brief aan myself) Hi jy. Ek is so bitter kwaad vir jou. Jy het my vandag baie seer gemaak en in die steek gelaat. Hoeveel keer wil jy dit nog doen? Om my so in die rug te steek omdat jy te bang is om vir jouself? Jou gedagtes, jou vrese, jou drome en selfs vir jou eie hoop? Omdat jy bang is om net mens te wees? Partykeer wil
Tertius Fourie
Om Diagnosties in my Drome te Sterwe
Ek ruik iets wat my so laat skrik dat ek skoon van my beeld in die spieël vergeet wat my al die afgelope tien jaar probeer vermoor. My naels is blou van die wasem teen die ruite wat soos mislukkings sing en die buurvrou se kat tot raserny dryf. Die bome fluister, die wind is stil en die geboorte van ’n iets is nie te ver nie. Die vrou kraam
Josfien
Gemoed(er)steuringe
O fok, my ma wil kom kuier. donnerwetter. het geweet die dag gaan kom. nou is my boundaries onder druk. "op my terme" is nou daarmee heen
In die land van Feetjies het word almal reg behandel
Net in stories is daar 'n happy ending
eerlikwaar!
Fine.
Julle wen. En my ma wen. En ou bal-en-klou meubels die wêreld heen wen. Die tafeltjies sal ongeverf bly. Vir nou. Tot iemand hier my kwaai maak, dan dreig ek julle met 'n geel verfkwas. (Henry, ek watch vir jou...) Eintlik is ek net 'n groot vet chicken. Want noudat die tafeltjies hier by my staan, en in my lewe leef, lyk hulle vir al hoe mooier nes hulle is.
Marinda van Aswegen
Die 'Kanker' woord
Daai ongeloofwaardige, lewens veranderende woorde…’’ Ek het Kanker’… die stilte wat volg… die trane wat rol, alles donker, onwerklik… en dit was net hoe ék gevoel het…Daai paar woorde wat die reis van ‘n leeftyd in mosie sit, want dit is nie net haar reis nie, mar myne ook. Hoe het Sy gevoel toe sy daai paar ongeloofwaardige woorde hoor? Ek weet… Sy het geweet sy is veilig, sy is
Bladsy 1 van 18:
|
volgende