blik.co.za    nuut  bespreking  meer 
blik is 'n plek waar jy interessante goed kan vind en deel met ander.
Meer...

Inteken / Registreer

Inteken Registreer

Naam:        

Wagwoord:


tegnologie
wetenskap
musiek
politiek
sake
religie
sport
aankondigings
boeke
politiek

stem opFUCK UBUNTU!!!     (blogs.24.com)
stem af Bygedra deur boerinballingskap 967 dae gelede. Telling: 1 . Kommentaar: (2)

gv: 2007-12-05 (967 dae gelede)

Ubuntu is maar net 'n ander woord vir wat Christene naasteliefde sou noem - ek kan nie sien hoekom dit vir Koos Kombuis moet pla nie.

Grondeise en die huisvesting van armes naby ryk mense soos Koos Kombuis het niks met mekaar uit te waai nie. Grondeise is wanneer mense eis om terug te keer na grond waarvandaan hulle op onregverdigbare wyse verskuif is. Die huisvesting van arm mense naby middestede en ryk gebiede is 'n algemene praktyk in die meeste lande. Dit bring mense naby aan die plek waar hulle moet werk - nie soos in SA waar swart mense uitgeskuif is na slaapdorpe wat dikwels baie ver was van waar hulle gewerk het nie. In sommige gebiede moet mense byvoorbeeld 3 of 4-uur in die oggend opstaan om betyds per bus by die werk te kom, en kom dan saans eers laat by die huis. Wanneer moet hulle kans kry om hul kinders op te voed of ander dinge te doen wat belangrik is vir menswees?

Met die lees van die stuk dink mens hy gaan dalk die uitwissing van spesifiek Afrikaanse plekname of dalk die uitluiting van wit armes uit die regering se behuisingsprogramme aanspreek. Maar nee, die eintlike ding wat hom grief is die moontlike val in sy huis se waarde. Ek wonder of mense nou sal kan insien hoe middelklas Koos Kombuis is - en hoe vals sy persona en aangeplakte 'street cred' is.

Dis vir my belaglik dat 'n omie met sulke middelklas bekommernisse hom soos 'n hippie aantrek, as 'n anti-apartheids vryheidvegter voordoen en dan hom histeries hou oor naasteliefde.



boerinballingskap: 2007-12-06 (966 dae gelede)

Jou laaste sin som dit baie goed op!





Teken in/registreer (blokkie regs bo) om kommentaar te kan lewer